Obaïbi skep, in vennootskap met die SOS PREMA-organisasie, doelgemaakte produkte vir pasgebore en vroeggebore babas.
Die nuwe Naissance-reeks voldoen aan al die verwagtinge van nuwe ouers wat enersyds net die beste vir hul baba wil hê en terselfdertyd ook tred wil hou met die wêreld rondom hulle.
Dit word moontlik gemaak met ‘n volledige reeks produkte wat suiwer organiese katoen bevat om vir baba in ‘n gemaklike kokon te omhul vandat hy die eerste lewenslig aanskou en is ook vir gebruik in die kraam hospitaal. Sagte, fyn materiale met rustige, dog byderwetse, patrone in slim, praktiese ontwerpe, wat voldoen aan al baba se motoriese behoeftes sodat hy sy omgewing veilig en sonder beperking kan verken.
SOS Préma is ‘n nasionale organisasie wat hulp en ondersteuning aan ouers van vroeggebore babas verleen en wat hul daarvoor beywer om die situasie van mense met vroeggebore babas in Frankryk te verbeter. Danksy sy netwerk van vrywilligers en mediese personeel, sy internetwebblad en sy publikasies, kan die organisasie aksies soos die volgende uitvoer:
– ‘n sentrale punt skep, insette ontvang en ondersteuning aan gesinne bied
– in gesprek met mediese spanne tree
– ‘n veldtog ter bewusmaking van die owerhede voer
– die voorkoming van premature geboorte bevorder