Direkteur van publikasie
Eric VANDENDRIESSCHE
Redakteur
OKAIDI SAS met ‘n kapitaalfonds van 2.928.240 €, RCS Lille Métropole n°398 110 445
Hoofkantoor: 162 Boulevard de Fourmies – BP 615 – 59061 Roubaix Cedex 1 – Frankryk
Tel : 09 69 39 23 90 (tolvry).
BTW-nommer: Europese Unie intra-kommunitêre BTW: FR 29 398 110 445
e-posadres: service-clients@okaidi.com
Verklaring aan die Franse Databeskermingskommissie
Ten einde te voldoen aan die Europese Unie se direktief nommer 94/46/CE van 24 Oktober 1995 rakende die beskerming van persone met betrekking tot die prosessering van hul persoonlike inligting en die vrye aanwending van sodanige inligting, is hierdie webwerf verplig om die betrokke owerheid, tewete die Franse Nasionale Databeskermingskommissie (CNIL), dienooreenkomstig in te lig.
Reg van toegang en die aanbring van veranderinge
U persoonlike inligting kan tydens outomatiese inligtingsprosesseringprosesse aangewend word. Kragtens die Europese Unie se direktief nommer 94/46/CE van 24 Oktober 1995, het u die reg van toegang tot sodanige inligting en, indien nodig, die reg om veranderinge daaraan aan te bring. U mag ook aandui dat u teen die bewaring van sodanige inligting gekant is. Indien u hierdie reg wil uitvoer, kan u ons by die volgende adres daarvan in kennis stel: OKAIDI SAS – 162 boulevard de Fourmies – 59100 ROUBAIX – FRANKRYK
Intellektuele eiendom
Hierdie webwerf is in sy totaliteit onderworpe aan Franse en internasionale wetgewing ter beskerming van intellektuele eiendom. Kopiereg word streng voorbehou. Ingevolge Artikel L122-4 van die Franse Wet op Intellektuele Eiendom (article L122-4 du code de la propriété intellectuelle) mag geen aspek van hierdie webbladteks, hetsy gedeeltelik of in geheel, aangewend word vir die doeleindes van enige voorstelling of aanbieding, op enige basis van watter aard ookal, sonder die uitsluitlike voorafverkrewe goedkeuring en toestemming van OKAIDI nie.
Webgasheer en Databewaring
LINKBYNET SAS, 5-9 rue de l’Industrie 93200 Saint Denis, RCS Bobigny n°430 359 927.