Privaatheidsbeleid

“Toegang tot die dienste wat aangebied word op die www.okaidi.com webwerf kan daartoe lei dat sekere van jou inligting, soos byvoorbeeld jou naam, van, e-posadres, voornaam en ouderdom van kinders, lojaliteitskaartnommer ensovoorts, versamel en geberg word.”
Hierdie data is vir ons noodsaaklik ten einde vir jou ‘n kwaliteit diens te kan bied en is bedoel vir ons eie interne gebruik.

Hierdie data mag aan spesiaal geselekteerde derde-party handelsvennote van Okaïdi beskikbaar gestel word, tensy jy nie toestemming daarvoor gee nie.

Okaïdi het die datalêers wat hy hanteer by die CNIL verklaar.

Kragtens die Europese Unie se direktief 94/46/CE van 24 Oktober 1995 rakende die beskerming van persone met betrekking tot die prosessering van hul persoonlike inligting en die vrye aanwending van sodanige inligting, het jy die reg van toegang tot sodanige persoonlike inligting asook die reg om jou persoonlike inligting te redigeer. Jy kan hierdie reg ten uitvoer bring deur met ons in verbinding te tree:
Per e-pos :
service-clients@okaidi.com

Per pos :
Okaïdi
Service Clients
162 bd de Fourmies
BP 615
59061 ROUBAIX CEDEX 1

Frankryk

Koekies

Wanneer jy op ons webwerf aanmeld, word koekies op jou rekenaar, slimfoon of tablet geaktiveer. ‘n Koekie is ‘n tekslêer wat afgelaai word wanneer ‘n webwerf besoek word of wanneer ‘n advertensie oopgemaak word. Die doel daarvan is om inligting met betrekking tot die navigasieproses te versamel ten einde die korrekte dienste vir jou spesifieke toestel aan te bied sodat jou navigasie-ervaring daardeur verbeter word. Verder word koekies byvoorbeeld ook gebruik om jou te identifiseer en jou in staat te stel om toegang tot jou rekening te verkry.

Indien jy sou verkies om nie koekies te gebruik nie, moet jy die parameters op jou rekenaar so stel dat alle webwerfkoekies geskrap word en/of  dat jy ‘n boodskap sal ontvang wanneer enige koekies gestoor word. Indien jy egter nie aan die koekie-konfigurasie wil verander nie, kan jy eenvoudig voortgaan met jou werfbesoek.

Om meer uit te vind omtrent koekies en hul impak op jou en jou navigasie-ervaring, kan jy gerus die Europese Kommissie se webwerf besoek:

http://ec.europa.eu/cookies/index_fr.htm

> Watter soort koekies word gebruik?

Koekies vir outentiseringsdoeleindes:

Hierdie koekies is noodsaaklik om jou te identifiseer en toegang te gee tot jou rekening op ons webwerf. Hulle verval wanneer jy die navigasiesessie beëindig.

Koekies wat werkverrigting meet:  

Hierdie koekies versamel anonieme data met betrekking tot navigasie op die werf. Dit stel Okaïdi in staat om moontlike probleme te identifiseer en om die navigasie-ervaring op die werf te verbeter.

Funksionele koekies:  

Hierdie koekies versamel jou voorkeure en vergemaklik sodoende jou navigasie op die werf (bv: jou taalkeuse, items waarna jy gekyk het, ensovoorts).

Koekies vir geteikende reklamedoeleindes:  

Hierdie koekies, bekend as “derde-partye”, versamel anonieme data gebaseer op jou soeke. Dit maak dit moontlik om geteikende reklame daar te stel wat gebaseer is op jou koopgewoontes en die webblaaie wat jy besoek.

 Koekies op derdeparty-webwerwe:

Ons webwerf bevat skakels wat jou sal neem na ander webwerwe wat koekies gebruik. Hierdie derdeparty-webwerwe bied inligting aan omtrent die koekies wat hul gebruik en jy kan meer daaroor lees.

> Hoe word koekies op die webblaaier bestuur ?

Hoe gee jy toestemming of weier jy dat koekies op jou toestel geberg word?

Koekies kan op verskillende maniere bestuur word : na gelang van jou voorkeure, kan jy hulle aanvaar, weier of deaktiveer (‘n koekie wat reeds gestoor is, kan slegs gedeaktiveer word en sal vanself geskrap word wanneer hy sy lewensduur bereik het). Ons vestig graag jou aandag daarop dat die summiere weiering van koekies daartoe mag lei dat sommige van ons dienste vir jou ontoeganklik mag wees. Jou ervaring as gebruiker kan ook nadelig geraak word deurdat ons aanbiedinge minder geslaagd, minder effektief of minder doelmatig mag voorkom.

Jy kan jou keuses aandui en jou voorkeure verander met behulp van jou webblaaier:

Elke webblaaier se konfigurasie verskil. Jy moet die instruksies vir jou eie webblaaier volg soos wat dit hieronder aangedui word (die skakels is korrek ten tyde van die inwerkingstelling van hierdie privaatheidsbeleid):

– Vir Internet Explorer: http://windows.microsoft.com/fr-FR/windows-vista/Block-or-allow-cookies
– Vir Safari: http://support.apple.com/kb/PH11913
– Vir Firefox: https://support.mozilla.org/fr/kb/cookies-informations-sites-enregistrent#w_paramaetres-des-cookies
– Vir Chrome: https://support.google.com/chrome/answer/95647
– Vir Opera: http://help.opera.com/Windows/10.20/fr/cookies.html
– Indien jy verskillende toestelle gebruik, moet jy die parameters van elke toestel se webblaaier volgens jou voorkeure instel.

> Vir hoe lank word koekies gestoor?

Koekies word vir ‘n maksimum tydperk van 13 maande gestoor.

 

 

 





Choose language